Thursday, September 28, 2017

Afrikaans

786
Afrikaans deur M.F.Arnold 2017

Die Kaapse taal, wat die Muslims begin het, was deur die boere “versuiwer” tot Afrikaans, deur Anglesismes en verronding te gebruik. Die Afrikaans se leenwoorde van Engels het so voortgeduur dat om ‘n Afrikaanse boek te lees, was geen verskil as om die Engelse weergawe te lees nie. Navorsing in die wetenskappe het in Engels voortgegaan en die Afrikaans het nie ontwikkel nie, omdat die boere met die politiek daarvan versot was. Die resultaat is, dat Afrikaans nou besig is om te sterf.

Afrikaans was gebruik om apartheid te versterk, boere kultuur te verhef en ander kulture te bespot . Suid Afrika het aan die vlam geslaan toe die staat poog om Afrikaans in Swart skole verpligtent to maak. Swart en Bruin leerlinge, groot en klein, het in optogte deelgeneem. Hulle was koelbloedig deur die polisie doodgeskiet – maar dit het nie die weerstand gekwel nie. Mandela was in die tronk en die betogings het voortgeduur. Die buiterlanders het Suid Afrika in sport, die kunste en in sekere produkte geboikot. Die boere het besef dat hulle in moet gee, of oor moet gee, voordat dit te laat is. Mandela was bevry en die boere het besluit om met die swartes ‘n ooreenkoms te maak, waarin die boere besorg sal word, in ruil vir ‘n demokraties Suid Afrika. In 1994 word die eerste verkiesing gehou en die ANC wen die meerderheid stemme. Mandela word toe die eerste swart president van Suid Afrika.

Die vreedsame oorhandiging van Suid Afrika tot in die hande van die ondergedrukte, het die wereld beindruk en Mandela was wereldwyd gerespekteer, as a man van hoop en vrede. In die ooreenkoms met die boere, het Mandela aanvaar dat Afrikaans nog steeds in skole as ‘n vak aangebied word. Op die oomblik verswak die taal nog steeds. Algemeen wil mense nie die taal van die gewese onderdrukker praat nie. Dit is ook ‘n moeilike taal om te bemeester, omdat dit nie alledaags gepraat, geskryf en gehoor word nie. Die Afrikaanse taal is besig om te sterf. Om die taal te red word spelfoute nou meer aanvaarbaar, so lank as die betekenis duidelik is. Die werkwoord word ook nou, soos in Engels, in die middle van die sin geplaas, in plaas van aan die einde. Engelse woorde word nou deel van “‘n korrekte Afrikaans taalgebruik” en die boere begin nou terug loop na die Muslims om hul hulp te vra om die Afrikaanse taal te red. Die Muslims se bydrae tot Afrikaans word te laat gewaardeer, omdat die Muslim kinders nou Engels sprekend is. Die internet, selfone en media se Engelse inhoud, verdoem die Afrikaans nog verder.

Die skool handboeke, wat vir Afrikaans voorgeskryf is, is nog steeds ras-gebonde en vooroordelend. Dit word dan afstootlik vir denkende mense, omdat hulle die stereotipering uit kan ken. Wanneer skole nie meer Afrikaans as ‘n vak aanbied nie, sal Afrikaans onmiddelik sterf.  Die Engelse media maak die Afrikaanse-gesels van hedendaagse onderwerpe moeilik. Engels word meer gretig deur die Muslim kinders en grootmense gebruik. Die Suid Afrikaanse “wit” media het ook, met sukses, die land oorreed om te glo dat die skollie straattaal die Muslims se taal is – dit was gedoen om die Muslims se geloof se invloed te verminder en die Muslim te versleg as terroriste en skollies, met die gedagtes van toeriste en ander Suid Afrikaaners. Die Afrikaanse skoolhandboeke is dus ‘n bydraer tot die verslegting van die Afrikaanse taal se kans om te oorleef.


Om Afrikaans te red, moet die rasisme en stereotipiese aanmerkings uit die Afrikaanse skoolhandboeke verwyder word, en ‘n nuwe, kreatiewe, skone taalgebruik en onderwerpe geproduseer word. Die Afrikaanse taal sal dan meer as ‘n kuns bestudeer en gebruik word, maar nie noodwendig as ‘n leertaal nie. Die Bo-Kaapse “Kaaps” moet erken word as ‘n huistaal en nie as ‘n “straattaal” aangespeek word nie. Dit sal dan mense meer gretig maak om Kaaps  te praat – Kaaps is aanvallig, warm, gelooflik, ordentlik, kreatief, vloeibaar en bondig. Die boere hou van die “Kaaps” van die Bo-Kaapse Muslims, maar die opsetlike verwarring van Kaaps met die skollie se taal in opvoerings en boeke, maak dit moeilik om Kaaps te aanvaar. Navorsers begin nou goeie Bo-Kaapse mense vra om hulle van die waarhede in te lig. Dit mag lei tot ‘n waardevolle kommunikasie wat Kaaps as ‘n ware huistaal erken. Indien nie, sal Kaapse Afrikaans maar as ‘n komediese taal gebruik word en almal sal dan die Kaaps as “komieklik” beskou, en Afrikaans sal met dit begrawe word. 

No comments:

Post a Comment